Books

Stipstaar

R320 + R100 posgeld
Bestel by fluisterbos@gmail.com

Die 122 haikoes in die tradisionele Japannese vorm, gedruk op duursame papier wat dit ‘n versamelaarsitem maak, reis deur ’n zen-landskap vanaf die ontstaan van alle dinge en strek van ‘n
teer verwondering oor die natuur en liefde, die mens se plek in die kosmos, aftakeling en verwoesting van emosies en landskap, tot ‘n verlange om alles weer nuut en die mens en natuur weer een te maak soos oorspronklik. 

Verganklikheid en gepaargaande broosheid is ‘n onbewuste leitmotiv. In hierdie bundel word ‘n oomblik van lig wat opgaan vasgevang ‒ ‘n oomblik wat stol tot ‘n vers. 

Die Burger 8 Februarie 2021
Die `Burger 17 Februarie 2021

Hier gaat ons! Reise en rampe

Topverkoper Leefstyl US Woordfees 2019 en talle boekwinkels
Hemel & See Uitgewers

R280 + R100 posgeld
Bestel by fluisterbos@gmail.com

’n Omvangryke en diepgaande reisboek wat nie maklik ’n gelyke in Afrikaans het nie.
– Etienne Britz 

Dié reisindrukke word oordenkings oor menswees.
– Madri Victor 

Elke reis is ’n ongewone ervaring wat nog nie só in Afrikaans verwoord is nie – Ria Barnard

Scholtz is ’n bedrewe reis- skrywer. Hy val nie terug op clichés of brosjure-agtige beskrywings van landskappe nie. Dit is verfrissend om te lees hoe die realiteit so dikwels verskil van die poskaartprentjies. 

– Erns Grundling vir Die Burger

Die wins is egter die mooie boek wat sy plek inneem langs gesoute reisskrywers in Afrikaans soos Uys Krige, André P. Brink, Hennie Aucamp, Marié Heese, André Pretorius, Erns Grundling … Dit is ‘n boek vol serpentinas.
– Joan Hambidge vir Woorde wat weeg en FMR


Lig wankelend


Eerste druk: Quellerie
Tweede druk: Sunmedia

Bestel by Sunmedia
Stellenbosch

Scholtz slaag daarin om die desperate toestand van die wankelende gees simpatiek en met gevoel te verwoord. Sy skryfstyl is vlot, sekuur en ryk. Veral die gedeeltes waarin Utte se fyn ingesteldheid vir die natuur verwoord word, bly my by.
– Jaco Barnard Naudé vir Litnet 

Die verheerliking van die alledaagse is ’n tweede opvallende kenmerk van die roman.Utte se belewenisse word op ’n baie intense manier beskryf en gevolglik word die veelseggendheid van die eenvoudige beklemtoon. Utte het reeds so baie in haar lewe verloor en daarom beklemtoon Scholtz deur middel van hierdie intense beskrywings die belangrikheid van selfs die kleinste gebeurtenis of belewenis.
– Lezandra Thiart, Universiteit van Pretoria in Tydskrif vir Letterkunde 

Almal wat smart ken, wat nog rusteloos is … wat in geslagtelike en ander sake onbevredig is … almal wat om iets onbereikbaars treur, almal wat die metafisiese smart, die eintlike skoonheidsverlange, ken … Want dié lesers sal hulle kan identifiseer met die verteller in die boek, sy wat ook ’n lewe van onvervulde liefde gehad het, wat uitgereik het na ’n onbereikbare geliefde.

In hierdie roman is daar op elke bladsy bewyse van kreatiewe skryfwerk. Scholtz sal in ’n sin met iets bekends, iets alledaags begin en dan met ’n spesifieke woordkeuse of sinswending dit in iets ongewoons, verrassends omskep. Sonder – en dis belangrik – dat dit opdringerig of verwarrend of pretensieus raak. Hier word ook alledaagshede beskryf wat seker nog in geen ander Afrikaanse prosawerk voorkom nie.

’n Laaste voortreflikheid: Scholtz wat sintakties en stilisties die spraakritmes en gedagtestrome realisties-boeiend weergee:

Daardie nag, die volmaan was hoog, wolke het met ’n ontstellende spoed oor die berg en die naglandskap gerol, toe klop my kop vol musiek.
– Danie Botha vir Litnet en FMR


Rooiels – A village between the mounains and he sea/Tussen ‘n berg en see

Scholtz ontvang die 2019 Overstrand Burgermeester Toekenning vir uitmundendheid
Deur RERA uitgegee

R250 + R100 posgeld

A coffee table book about the history of Rooiels since the very beginning. Adaption from Rita Blake’s original book. Now with full page professional photos. 

Gerard received the Overstrand Mayoral Award for Excellence for this publication.


Firestorm – Vlammehel

Gerard Scholtz
Deur RERA uitgegee

R250 + R100 posgeld

Met die verwoestende brand wat dele van die Kogelberg en Bettysbaai in Januarie 2018 verwoes het, het hierdie koffietafelboek met aangrypende verslae en foto’s die drama byeengebring.


For Orders

Please contact Gerard at fluisterbos@gmail.com