Van somer- na winterweiding in die Roggeveld /From summer to winter grazing in the Roggeveld

Toe kry ons die uitnodiging om die trek op Bennie Blom se plaas Kromkolk mee te maak. Die voorbereidings het die vorige dag begin met skaaptel. Bennie, sy dogter, Minette, en ‘n vriendin, Sam, het die skaap (in die Roggeveld gebruik hulle nie die meervoud skape nie) van die somerweiding bergaf met ‘n steil plaaspas te perd aangejaag. Sjoe! Hulle is drie knap ruiters. Al die opwinding.